Copy
Somerstrand Gemeente Nuusbrief
View this email in your browser

Behoort saam

Gelowiges behoort saam. 'n Kleingroep is 'n goeie plek om deel van 'n groep geloofsvriende te word wat saam deur die Bybel en by mekaar prakties leer hoe om 'n volgeling van Jesus te wees. Kontak Chris van Wyk as jy graag by 'n kleingroep wil inskakel.

Ons belydenisklas het Sondag hul geloof in die openbaar bely.
Ons webtuiste het 'n bladsy waar ons studente verblyf bemark. Gaan kyk gerus op ons webbladsy indien jy verblyf soek. Stuur 'n e-pos aan Marlein van Deemter indien jy 'n vertrek, woonstel of huis vir studente wil bemark.
Fees van kos en wyn
 
Op Woensdagaand 15 Oktober in die Women's Club (langsaan die kerk) om 18:30 is daar 'n gastronomiese sowel as vermaaklike fees van kos en wyn verteenwoordigend van 9 verskillende lande. Ons beplan om op daardie aand R20 000 vir die gemeente se kas in te samel. Lees meer hier ...
 
unsubscribe from this list    update subscription preferences