Copy
View this email in your browser

 Nuusflits
Maart 2021

VL stel standpunte aan Parlement oor Onteieningswetsontwerp

Vrystaat Landbou het hom voorberei ter verdediging van eiendomsreg, die oppergesag van die reg en gesonde ekonomiese beleid. Die organisasie het op 24 Maart, tydens die nasionale mondelinge voorleggings, aan die parlementslede verduidelik waarom die twee huise (die Parlement en die Nasionale Raad van Provinsies) met ’n groot meerderheid teen die Onteieningswetsontwerp moet stem om ’n armoedekrisis in die land te vermy. 

“Vrystaat Landbou verwerp die wetsontwerp (B23-2020) in sy huidige vorm, enige wysiging van artikel 25 van die Grondwet (Wet 108 van 1996) of enige soortgelyke wetsontwerpe wat ‘n negatiewe impak op enige vorm van private eiendomsreg kan hê. Onteiening van enige vorm van private eiendom sonder vergoeding word heeltemal verwerp.”, sê dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou.


Vrystaat Landbou se voorlegging aan die parlement is hier beskikbaar.

Gemeenskappe staan saam oor paaie 
Verskeie instansies van die Ficksburg-gemeenskap het op 2 Maart 2021 byeengekom met een gemeenskaplike doel, naamlik die haglike toestand van paaie in die omgewing. ’n Skrywe is deur die forum aan die Premier van die Vrystaat, me Sisi Ntombela, gerig wat aangedring het op ’n dringende vergadering om te verhoed dat verdere aksie geneem word.

Weens "die onbevredigende reaksie van die regering" het die forum, bestaande uit verskillende plaaslike instansies en organisasies, waaronder FITA (Ficksburg Taxi Association), AFASA (African Farmers 'Association of South Africa), landboubesigheid OVK, Setsoto Youth Development, Ficksburg meentgrondhuurders, Ficksburg Landbouvereniging en ander, besluit om op 17 Maart tot aksie oor te gaan. Die forum het ’n vreedsame protesaksie gelei waartydens verskeie roetes in en om Ficksburg met trekkers, bakkies en taxis gesluit was
Lees meer 

Intussen het die gemeenskappe van Vrede, Memel en Warden ook 'n komitee gestig wat verskeie aksies ondersoek om optrede van die departement te eis.

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL) moedig op sy beurt die publiek aan om gebruik te maak van die eis prosedure en eisvorm vir skade aan ’n motorvoertuig, soos voorsien deur die departement van paaie. Hy versoek ook dat ’n afskrif van die voltooide dokument na indiening by die departement aan Vrystaat Landbou gestuur word by info@vslandbou.co.za vir rekorddoeleindes
Jongboer van die Jaar binnekort bekend
Vrystaat Landbou maak binnekort sy Jongboer van die Jaar vir 2020/2021 bekend. 

Weens die Covid-pandemie wat verlede jaar uitgebreek het, kon die aanwysing van die wenner nie plaasvind nie as gevolg van streng inperkingreëls. Die vyf finaliste wat dus in 2020 aangewys is, sal vanjaar op 13 April teen mekaar te staan kom. 

Die finaliste is: 
Annalea van Niekerk, Douglas Osler, Jimmy Roberts, Louis de Jager en Nant Yzel.

Kyk hier na video's van ons finaliste. 

Help plaaswerkers en ware swart boere só, sê VL

Vrystaat Landbou meen dat titelaktes alleen nie ware inklusiewe groei en grondhervorming in die landbousektor sal verseker nie. Die volgende moet ook oorweeg word: 

  • Om te verseker dat die regte begunstigdes toegang tot die grond kry en nie die mislukte militêre veteraan, vroue- en jeug toedelings ideologie nie.
  • Ruimte skep vir plaaswerkers om as eienaars of aandeelhouers van nuwe grond ook aansoek te doen vir hierdie lenings en dat hul gelykstaande grondaandeel ook in die grondoudit gedokumenteer moet word. 
Lees verder
Indiening van die 2020 Opbrengs van Verdienste
Gernie Botha, regsadviseur van Vrystaat Landbou (VL)  wys lede daarop dat die datum vir die indiening van die 2020 Opbrengs van Verdienste (ROE’s) tot 31 Mei 2021 verleng is.

Die portaal vir die indiening van die 2020 opgawe word vanaf 1 April 2021 tot 31 Mei 2021 geopen. Vir meer inligting, skakel 0860 105 350 / 0800 321 322 of stuur navrae na cfcallcentre@labour.gov.za
Arbeidskontrakte vir VL-lede
Trotse bedryfsvennote van Vrystaat Landbou 
Copyright © 2021 |Free State Agriculture|, All rights reserved.


Our mailing address is:
*info@vslandbou.co.za* 

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp
Facebook
Twitter
Website
Instagram