Copy
View this email in your browser


Die stem van kommersiële landbou in die Vrystaat 

Vrystaat Landbou bevraagteken regering se opregtheid met grondbesit

Die regering se grondbeleid, as instrument om individuele grondbesit in Suid-Afrika te verhoog, kan nie ernstig opgeneem word nie. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) na die onlangse publikasie oor die Wetsontwerp op Onteiening.
Volgens VL-president, Francois Wilken, bedreig die nuwe onteieningswetsontwerp alle Suid-Afrikaners se regte op eiendom. Spesifiek die eiendomsreg van arm en gemarginaliseerde gemeenskappe sal ondermyn word.

Lees verder

Padinfrastruktuur verkrummel na baie reën
Vrystaat Landbou (VL) het gewaarsku dat die Vrystaatse provinsie se padinfrastruktuur in 'n ernstige toestand is.
VL het 'n dringende brief aan die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer gerig en gevra dat dringende stappe gedoen word om paaie vir kritieke toegang te herstel. Dié optrede kom omdat die onlangse oorstromings in die provinsie ernstige skade aan Vrystaatse paaie aangerig het.
Die afgelope paar jaar is paaie in die Vrystaat baie swak in stand gehou. Die onlangse erge reëns het daartoe gelei dat baie paaie en brûe weggespoel of onbegaanbaar geword het. Hierdie situasie is tekenend van 'n ineenstorting in kritieke infrastruktuur wat nodig is vir voortgesette ekonomiese aktiwiteit in landelike gebiede. 

Lees verder
2020 toon toename in plaasaanvalle en -moorde in VS

'n Analise deur Vrystaat Landbou het bevind dat die provinsie die teiken van 72 plaasaanvalle insluitend 12 moorde was gedurende die tydperk 1 January tot 31 December 2020. 
Vrystaat Landbou (VL) het plaasaanvalle en -moorde vir 2020 geanaliseer en sal in Maart 'n volledige verslag bekend stel. Die landbougemeenskap is bekommerd dat 'n styging in aanvalle en moorde vir kom wanneer 2020 vergelyk word met 2019. Dit, tien spyte van 3 maande se harde groendeltydperke en 'n aandklok reël in 2020. meer as 2019.


Lees verder

Aanpassing van Nasionale Minimum Loon: Uit voeling met realiteite

Vrystaat Landbou (VL) neem met skok en teleurstelling kennis van die verhoging van die Nasionale Minimumloon, soos in die Staatskoerant op 8 Februarie 2021 gepubliseer.

“Die regering besluit om die Nasionale Minimumloon met 16% aan te pas in 'n tyd waar hierdie ekonomie geweldig uitdagend is om voedsel te produseer en dit wil voorkom asof die regering uit voeling met werklike eienskappe is.” sê Francois Wilken, president van VL.

Die Nasionale Minimumloon is aangepas van R18,68 en R21,69 per uur.
Lees verder

Ons het beleidsekerheid en goeie bestuur nodig!

Vrystaat Landbou (VL) beskou die komende staatsrede (SONA) as 'n geleentheid vir die regering om sy beleide en doelstellings te herbelyn met dit wat landbou en die breë ekonomie benodig om te herstel en werk vir almal te skep. Slegte beleid soos onteiening sonder vergoeding (OSV) is 'n groot struikelblok in ons land se pad vir ekonomiese groei en moet gestaak word.

“Indien pres. Ramaphosa sy regering na verantwoordelike beleide kan rig, sal ons sien dat sakevertroue herstel. Ons hoop op beleid wat eiendomsreg sal versterk om alle boere en Suid-Afrikaners se daaglikse onderneming te ondersteun. 
Lees verder

Copyright © 2021 |Free State Agriculture|, All rights reserved.


Our mailing address is:
*info@vslandbou.co.za* 

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp
Facebook
Twitter
Website
Instagram