Copy
View this email in your browser

 Nuusflits
April 2021

VL rig skrywe aan Minister oor minimum loon

Vrystaat Landbou (VL) het ‘n brief aan die Minister van Arbeid gestuur waarin ons die resultate van ons opname oor die bekostigbaarheid en uitkomste van die Nasionale minimum loon (NML) vir ons lede uiteensit.

VL doen ook ‘n ernstige beroep aan die Minister om sekere voorgestelde vergunnings op die Sektorale Vasstelling vir plaaswerkers toe te laat om meer werkskepping in die landbou te bewerkstellig.

Die brief kan deur lede op VL webtuiste afgelaai word by die Lede area , by 'Kommersieel dokumente'

*Gebruik jou VL lidnommer om in te teken*

Publieke verhore oor Onteieningswetsontwerp uitgestel

Die Parlement het die openbare vergaderings rondom die Onteieningswetsontwerp in die Vrystaat weens die Covid-19 derde golf uitgestel tot in Junie 2021. 

Vrystaat Landbou se voorlegging aan die komitee fokus op kern elemente van die Onteieningswetsotwerp wat VL in sy huidige vorm verwerp. 

Lede kan die plan, wat geskoei is op VL se Grondbeleid, hier op die geslote deel van ons webtuiste aflaai onder 'Landelike Ontwikkeling dokumente'
*Gebruik jou VL lidnommer om in te teken*

 

VL sê haglike paaie die stryd aan

Vrystaat Landbou se huidige strategie om die kwessie rondom die haglike toestand van paaie aan te spreek is veelvoudig:
  • Eisvorms om vir skade te eis om druk op die departement te plaas is via ‘n persverklaring uitgestuur aan alle padgebruikers en is ook op ons webtuiste beskikbaar.
  • Webtuiste veldtog vir fondsinsameling kom binnekort op www.vrystaatlandbou.co.za/campaigns/
  • Senior advokate is in Maart genader om vir VL ‘n regsmening op te stel oor die staat se verpligting teenoor die instandhouding van landelike paaie. Die regsmening is verwag teen einde Mei.
  • In ooreenstemming met die Hoof Direkteur van Dept Paaie is virtuele pad-rade vir landelike paaie opgestel. VL het vir die 5 paaie distrikte WhatsApp groepe opgestel waarop ‘n paaie verteenwoordiger van elke landbouvereniging behoort te wees om paaie klagtes deur te gee aan die Distrik Pad Ingenieur asook Pad Superintendent wie ook op die groep is vir terugvoering.
  • Waar boere op paaie self wil/moet werk is die nodige toestemmingsvorms aan lede beskikbaar gestel via die virtuele padraad groepe.
  • Die PPP voorstel wat in April 2020 reeds saam met Proper Consulting Engineers opgestel is, is voorgelê aan die departement en ons wag vir die nuwe begroting om geïdentifiseerde projekte voor te neem.
  • VL wag tans vir die finale onderhoudsplan van die Departement Paaie soos aangepas vir die finale begroting ontvang vir die nuwe finansiële jaar.  
 

POPIA Wetgewing ook op landbouers van toepassing

Die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (of soos algemeen bekend as POPIA) se afsnydatum vir voldoening aan die bepalings is vasgestel as 1 Julie 2021. 

Gernie Botha, regsadviseur en Operasionele bestuurder van Vrystaat Landbou (VL) , het 'n skrywe opgestel wat verduidelik waaroor dei wetgewing handel en hoe dit op u as landbouer van toepassing kan wees.   

Die dokument is op VL se webtuiste vir lede beskikbaar onder die Lede area (Kommersieel) 
*Gebruik jou VL lidnommer om in te teken*

Indiening van die 2020 Opbrengs van Verdienste
Gernie Botha, regsadviseur van Vrystaat Landbou (VL)  wys lede daarop dat die datum vir die indiening van die 2020 Opbrengs van Verdienste (ROE’s) tot 31 Mei 2021 verleng is.

Die portaal vir die indiening van die 2020 opgawe word vanaf 1 April 2021 tot 31 Mei 2021 geopen. Vir meer inligting, skakel 0860 105 350 / 0800 321 322 of stuur navrae na cfcallcentre@labour.gov.za
Stuur 'n navraag aan VL
Trotse bedryfsvennote van Vrystaat Landbou 
Copyright © 2021 |Free State Agriculture|, All rights reserved.


Our mailing address is:
*info@vslandbou.co.za* 

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp
Facebook
Twitter
Website
Instagram