Copy
View this email in your browser

 Nuusflits
Mei 2021

Ons het die reg tot selfverdediging 

“Die blote gedagte dat die regering so ’n voorstel sal opper, in ’n land met van die hoogste moordsyfers in die wêreld, is nie net verregaande nie maar uiters ontstellend en gaan tot ʼn toename in kriminele anargie lei!”
Dit was die reaksie van Vrystaat Landbou (VL) nadat die nuut voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet op 21 Mei in die Staatskoerant afgekondig is. Die wysigings behels onder meer dat die besit van vuurwapens vir selfverdediging verwyder word.
Voeg jou naam
hier by ons petisie om die voorgestelde wysigings te stop!

Niemand sal grond vat by enige boer sonder vergoeding nie, sê VL
“Die oproep van die EFF om alle grond onder toesig van die staat te plaas, is niks anders as nasionalisering nie en moet met alle middele teëgestaan ​​en verhinder word.” is Vrystaat Landbou se reaksie op die voorstel  dat die konsepwetsontwerp tot wysiging van artikel 25 vand ie Grondwet hersien moet word om 'staatsbewaring' of voogdyskap in te sluit. 

Lees hier verder
 

Sprinkane terroriseer Vrystaat

Miljoene sprinkane het talle boere in die Vrystaat moedeloos gehad.  

Miljoene sprinkane het sedert 16 Mei in die Wes-Vrystaat voorgekom en veral boere in die Bultfontein-area moedeloos gehad!
Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), het bevestig dat skakeling met die  Vrystaatse departement van Landbou daartoe gelei het dat die plaaslike spanleiers vir die beheer van sprinkane gemobiliseer is om in die betrokke gebiede te help, aangesien die beheer van migrerende plae onder die departement ressorteer. Stappe word nou geneem om gereed te wees wanneer eiers na die eerste lente reëns uitbroei. 
Kontak jack@vslandbou.co.za indien u enige navrae het. 

 

Veediefstal en plaasaanval statistieke

Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou, het die nuutste veediefstal en plaasaanval statistieke in 'n opsommende verslag saamgevat. 

Lede van Vrystaat Landbou kan dit aflaai op die geslote deel van ons webtuiste by Lede area > Dokumente > Landelike Veiligheid 
*Gebruik jou VL-lidnommer om in te teken* 

 

POPIA Wetgewing ook op landbouers van toepassing

Die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (of soos algemeen bekend as POPIA) se afsnydatum vir voldoening aan die bepalings is vasgestel as 1 Julie 2021. 
Gernie Botha, regsadviseur en Operasionele bestuurder van Vrystaat Landbou (VL) , het 'n skrywe opgestel wat verduidelik waaroor die wetgewing handel en hoe dit op u as landbouer van toepassing kan wees. 
Die dokument is op VL se webtuiste vir lede beskikbaar onder die Lede area (Kommersieel) 
*Gebruik jou VL lidnommer om in te teken*

Vrystaat Landbou Jaarkongres

Vrystaat Landbou beplan om op 4 & 5 Augustus 2021 ons Jaarkongres aan te bied. Vanjaar se tema is "Verseker jou toekoms in landbou" .
Vanweë Covid-19 regulasies kan ons slegs 'n beperkte aantal gaste akkommodeer en wil ons u dus aanmoedig om so gou moontlik te registreer.. 
Die oproep tot Kongres is reeds aan alle landbouverenigings gestuur. Navrae kan gerig word aan cynthia@vslandbou.co.za 

Trotse bedryfsvennote van Vrystaat Landbou 
Copyright © 2021 |Free State Agriculture|, All rights reserved.


Our mailing address is:
*info@vslandbou.co.za* 

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp
Facebook
Twitter
Website
Instagram